Mon, 05/02/2016
Per definisie impliseer ons toekoms onsekerheid. Die beginsel van onsekerheid (en waarskynlikheid) is een van die fondamente in kwantumfisika. Dit sê basies dat ons nie al die eienskappe van kwantum deeltjies met onbeperkte akkuraatheid kan meet nie. Ons makro wêreld en Suid-Afrika in besonder is onseker. Kyk na die instroming van immigrante na Europa en 'n omstrede aanloop na die presidentsverkiesing in die Verenigde State. Niks kan regtig ons toekoms meer seker maak nie – daar is geen voorskrif vir onsekerheid nie. Generasies het nog altyd te doen gehad met grade van onsekerheid en by tye wanneer dinge lyk asof dit seker kan wees, is dit juis nie...